1

Roy James Internet World

Dis vroeg saturdag oggend, en die Pienk Muis het besluit om weer bietjie die area’s te gaan verken. Naby die Germiston Lake is die Apple Byte Roadhouse met klomp klein winkeltjies. Sy besluit toe vir n vinnige pitstop. Met haar groot oe en skerp neusie tref die geure van vars gebraaide worsbroodjies haar, en soos gewoonlik is kos haar voorland.
Nader gestap na die tafeltjie met die lekker worsbroodjies voor die Roy James Internet World kom al die vrolike gesigte nader wat sommer dadelik baie vrolikheid en warmte uitstraal, sy voel reeds tuis. So begin sy en die stralende gesigte aan die brand gesels met n vuurige spoed, ai tog te lekker. So tussen deur die lekker geselsie, kyk sy so bietjie na die pragtige uitrustings wat in die mandjie le en op die reeling hang, als vir n appel en n ei! So beweeg sy na binne in die winkeltjie, definitief perfek toegerus vir skool leerlinge om al hul skool projekte en navorsing op die net te “surf”. Selfs ietsie om te drink en te ete, so bietjie skryfbehoeftes vir die wat nie voorsiening gemaak het. Na die agterste kamer beweeg, waar jy so bietjie kan balle rond skiet op die pool tafel en net jouself wees. Wat n heerlike en ontspanne tydjie saam die gesiggies van die Roy James Internet World. Die Pienk Muis sal beslis weer n draaitjie by Roy James maak!

image

image

image

Advertisements
0

DIE DORINGBOOM (′n Gedig deur Langehoven)

DIE DORINGBOOM.

O doringboom, met jou
goudgeeldrag,
Jy versier die Hoeveld met jou
kleureprag.
Skakerings van groen en donker
boombas,
Met dorings wat effektief by jou
wapenrusting pas.
Uit jou geknakte stam drup helende igom,
Soos die genesing van binne af kom.
Mense wat opstaan in geloof in God,
Se lewe, sal soos geskryf staan, in hul oudag bot.
Geseende land, vrugbare aarde,
Ons het jou lief en besef jou
waarde.
Jou koelte op ′n warm somermiddag,
Skep rus en herwin ons lewenskrag.
Jou wortels veranker ons menswees, vas en seker,
Met dankbaarheid wat vloei uit ons beker.
O doringboom, dankie vir jou
gewillige oor,
Jy is altyd daar om my kwellinge aan te hoor.
Versier ook my lewe met die vrugte van die Gees,
Sodat ek gehoorsaam aan my
Skepper kan wees.

2

“Morsejorse” Deel 2

Om terug te kom na my vorige artikel het ek besluit om oor ons water in die natuur te skryf.

Ons het besluit om bietjie oog te wys by die sogenaamde bekende Germiston Lake. Wow wat n prag van buite, als so beeld skoon, braai area’s, klim en klouter vir ons kleine mensies. So opgewonde! Ideale piekniek plek vir hele gesin. Bitter spyt, geen ablusie blokke net “mobile toilets” is dit dan regtig higienies? Waar stort hulle die water? Ons sal nooit weet! Afwaarts beweeg ons na die dam waar orals nog hope veilgoed le van nadat die Lake gesluit was vir opknappings werk. Berigte hoeveel geld daar gespandeer was aan die opknappings projek maar geen resultate… Ons moed sommer dadelik gesak toe ons die eende gewaar wat tussen die veilgoed rond beweeg, verdien die diere die gemors in hulle tuiste?
image

image

N kort kuier’tjie in die Bosveld, waar ons op die hoofpad na Swartklip ry, toe die stank ons tref! n Rioolplaas reglangs die pad wat se walle oorstroom in die veld en pad in.. Natuurlik was daar nie goeie beplanning gemaak met die voorbereiding van die rioolplaas. N wonder dat die mense nog nie siek geword het wat in die omgewing bly!

image

image

Met ons terug koms in die stad gaan ons verby Alberton City Mall waar daar n spruit deur loop, presies dieselfde geval waar daar riool en alle ander snert in die water is.

image

Weereens duik die vraag op: Wat gaan hulle omtrent die situasie doen? Waar is die dae van “Fuana en Flora? Het hulle ook tot op n einde gekom?

6

“Morsjorse”

Skrikwekkend hoe ons pragtige natuur in n hewige donker gat verander, nie lank voor dit te laat is. Wat het van omgewings bewaring geword??? Ons natuur verander in een groot vullis moeras, en ons as mense staan terug en kyk hoe ons moeder natuur se skoonheid vertrap met ons arogante selfsug van mens wees. Met my daaglikse reistog deur die stad en verskeie area’s het ek besluit om n paar foto’tjies te neem. In die verbygaan van n woonburt in Primrose, Germiston le die vullis sakke en opgaar nou al vir weke lank en meeste van die rommel alreeds wyd verstrooi…

image

Edenvale industrieele gebied, Brackenfield Rd – Hierdie openbare pad lyk al soos die stortings terrein!

image

image

Kersie op die koek…. Op hierdie selfde pad is wel n omheinde stortings terrein gelee vir al hierdie rommel! Ironies genoeg is ons as nasie te sleg om tot by die stortings terrein te ry, maar vat sommer die vinnige en maklike uitweg van “dump sommer hier, niemand sal sien”. Nou kan ons die vraag vra: Is dit hoe ons ouers en voor ouers ons opgevoed het? Ons behoort ons te skaam! Wil ons trotse Suid-Afrikaaners genoem word of meer eerder bekend staan as
“MORSJORSE”

4

Die dapper muis

Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe stap
ek deur die huis,
en daar’s niks waarvoor ek skrik
nie.
Vir niemand is ek bang, daar is
niks wat my kan vang,
nee daar’s niks waarvoor ek skrik
nie.
En sê nou daar’s ‘n kat!
Oe, ‘n kat!
Ja, ‘n kat met ‘n huis wat altyd
hunker na ‘n muis.
Ag nou ja!
Buiten vir ‘n kat, is daar niks
waarvoor ek skrik nie.
Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe stap
ek deur die huis,
en daar’s niks waarvoor ek skrik
nie.
Vir niemand is ek bang, daar is
niks wat my kan vang,
nee daar’s niks waarvoor ek skrik
nie.
En sê nou daar’s ‘n valletjie
Oe, ‘n valletjie!
Ja, ‘n ding wat val met ‘n
gruwelike knal.
Ag nou ja!
Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie,
is daar niks waarvoor ek skrik nie.
Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe stap
ek deur die huis,
en daar’s niks waarvoor ek skrik
nie.
Vir niemand is ek bang, daar is
niks wat my kan vang,
nee daar’s niks waarvoor ek skrik
nie.
En sê nou daar’s ‘n uil.
Oe, ‘n uil!
Ja, ‘n uil van wie muise altyd skuil.
Ag nou ja!
Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie en
‘n uil,
is daar niks waarvoor ek skrik nie.
En wat van ‘n lawaai, soos ‘n haan
wat kraai,
en ‘n gebreek en ‘n gekraak en
iets wat tjiep-tjiep maak.
En ‘n geklingel en ‘n getingel en ‘n gekletter en ‘n geknetter,
en ‘n boems en ‘n kardoems.
Waar’s jy?
O – buiten vir ‘n kat met ‘n gryns
wat altyd hunker na ‘n muis
en ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal en ‘n uil in die nag wat vir muise sit en wag
en ‘n huis met ‘n lawaai soos ‘n
haan wat kraai.
‘n Gebreek, ‘n gekraak, iets wat
tjiep-tjiep maak.
‘n Getjingel, ‘n getingel, ‘n
gekletter, ‘n geknetter
en ‘n boem en ‘n kardoems
Oe-eee!
Is daar niks waarvoor ek skrik nie.