“Morsjorse”

Skrikwekkend hoe ons pragtige natuur in n hewige donker gat verander, nie lank voor dit te laat is. Wat het van omgewings bewaring geword??? Ons natuur verander in een groot vullis moeras, en ons as mense staan terug en kyk hoe ons moeder natuur se skoonheid vertrap met ons arogante selfsug van mens wees. Met my daaglikse reistog deur die stad en verskeie area’s het ek besluit om n paar foto’tjies te neem. In die verbygaan van n woonburt in Primrose, Germiston le die vullis sakke en opgaar nou al vir weke lank en meeste van die rommel alreeds wyd verstrooi…

image

Edenvale industrieele gebied, Brackenfield Rd – Hierdie openbare pad lyk al soos die stortings terrein!

image

image

Kersie op die koek…. Op hierdie selfde pad is wel n omheinde stortings terrein gelee vir al hierdie rommel! Ironies genoeg is ons as nasie te sleg om tot by die stortings terrein te ry, maar vat sommer die vinnige en maklike uitweg van “dump sommer hier, niemand sal sien”. Nou kan ons die vraag vra: Is dit hoe ons ouers en voor ouers ons opgevoed het? Ons behoort ons te skaam! Wil ons trotse Suid-Afrikaaners genoem word of meer eerder bekend staan as
“MORSJORSE”

Advertisements

6 gedagtes oor ““Morsjorse”

  1. Dit is regtig ‘n baie teer saak. Mens kan dit onbevoegte munisipale bestuur noem. Maar ek sê moenie. Hoe meer “name” ons toevoeg, hoe meer plek het die mense om weg te kruip. Kom onsnoem dit wat dit is. Suiwer TRAAK-MY-NIE-AGTIGHEID. Hulle, die base, die munisipale bestuurders het in lokasies groot geword waar sulke vieslikheid aan die orde van die dag was. Vir hulle is dit natuurlik. Ons het geen rede om te kla nie. Hoe langer ons met die kanker saamleef, hoe meer smeer dit aan ons af. As die rommelhoop voor my hek gelê het, het ek lankal ‘n hoop op die munisipale bestuurder se lessenaar gaan los en my gat aan sy das afgevee. Hoekom laat ons dit toe? As die massas kan gaan betoog met agterstallige rekeninge, hoeveel meer rede het ons nie om te kla omdat ons rekeninge op datum betaal is nie? Weet jy, ek woon nie in die dorp nie. Maar ek het al gesien dat die dorpie ‘n wit vuilisverwyderaar het wie saam met twee swart mans vullissakke op die vuilis trok gooi. Die swart mans doen een kan van die straat en die een wit man die anderkant. Hy sal lankal staan en wag op die hoek omdat sy kant se sakke klaar gelaai is, dan sleep hulle nog sakke nader. Die algemene afwesigheid van werkerstrots staan soos ‘n seer duim uit. Net so vir die rekord, die wit man, is baie ouer as hulle.

  2. Ek is altyd verbaas wanneer ons agter ‘n mooi blink en duur motor ry dat die mense hulle vuilgoed by die venster uitgooi. En dis nie beperk tot die voormalige agtergeblewenes nie.

    • Klippie dit slaan my ook heel dronk in die kop! Mense het net glad nie meer respek vir mekaar en nog minder vir die omgewing… weet ek en my verloofde staan gestraand op ons stoepie en staar na die woonstel blok oor kant die pad, ongeveer 19:30 waar die klein seuntjie al sy snert, cd’s,ens. by sy venster uitgooi in die pad in en dit lê die wêreld vol! En snaaks genoeg dat die ouers niks omtrent die situasie doen nie…

      • So ‘n seutjie se agterent moet vuurwarm geklap word voordat hy voor die paplepel uit die straat gaan opruim. Maar nou ja. In vandag se lewe is die polisie baie skuldig aan rommelstrooi deur die vangwa se ventster so wie gaan die agterlosige ouers in die bek ruk? wie gaan die kinders leer as die ouers en die polisie niks verkeerd sien met rommelstrooi nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s