0

Kids Arty Fun Play

Welkom…

‘n Nuwe begin en ervarings!!! Ek wil graag met al my ou en nuwe vriende deel dat ek nou weer meer gereeld oog sal wys.  Ek vra dat almal my sal ondersteun met ‘n projek wat ek besig is om aan te pak vir onbevoegde kinders in die KZN omgewing.  Tans is ek ook besig om met die projek ‘n klein besigheid op te rig wat ook ‘n groot deel van die projek is om te help met die fonds insameling en donasies vir onbevoegde kinders op ‘n jong ouderdom.  Ek sal binne kort die link op my blog gee waar daar meer in informasie beskikbaar sal wees oor die hele projek – Business with a difference.

image

Groete,

Die Pienk Muis

Advertisements
0

Die Blinkvos Perd

image

O, ek het ‘n perd, ‘n blink vosperd met ‘n splinternuwe saal; en ek klim op my perd, my blink vosperd, en ek kom om jou te haal.
Want jy’t gesê as ek jou wil hê dan moet ek jou kom haal
op ‘n mooi ryperd, ‘n blink
vosperd, met ‘n splinternuwe saal; op ‘n mooi ryperd, ‘n blink
vosperd, met ‘n splinternuwe saal.
En nou’t ek ‘n nooi, ‘n mooie nooi en een ding is maar klaar:
is die oes eers verby, saal ek op en ry met my blink vosperd na haar om haar te vra om met my te trou, my vosperd blink mos mooi.
Op ‘n flink galop ry ek na haar, sy’s my plaas se nuwe nooi; op ‘n flink galop ry ek na haar, sy’s my plaas se nuwe nooi.
En nou’s ons getroud en het ‘n span van twaalf groot seuns as kroos; en elkeen wil nou ‘n vosperd hê om ‘n nooi’ntjie te gaan troos!
Ag luister tog na goeie raad: as jy ‘n vosperd kry, ry dan liewer rond op jou eie plaasvwaar jy nooi’ntjies kan vermy; ry dan liewer rond op jou eie plaas
waar jy nooi’ntjies kan vermy!

0

Die Mossie-gebed

Wat n pragtige e-pos wat ek vandag ontvang het en graag ook met julle wil deel.

Wat ‘n wonderlike voorreg om weer opnuut bewus gemaak te word van God se Geloof, Hoop en Liefde. Mag hierdie boodskap vandag vir julle ook inspireer …

Anette Marais sit op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af.

Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasie kamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees.
Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog . .. ..

Anette lees die woorde van Matt 10:29 –“Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.”

Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer.

Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie kamp in Bethulie.

Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie ’n baken van geloof en hoop word vir hierdie vrouens.

Op 21 Mei 1902 was die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop by ’n vrou met invloed en haar vertel van die mossie-boodskap, sy het dit weer oorvertel en Genl Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn.

Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ’n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die “mossie” boodskap en bid vir die soveelste keer vir werk!

Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag het, hy spring op die eerste trein en begin met ʼn lang dag se onderhoude. Moeg maar gelukkig en met ’n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.

Toe hy inklim sien hy ’n muntstuk op die vloer lê, hy tel dit op, en daar op ’n trein in Londen hou hy ’n
Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ’n mossie agter op. Hy vertel dat die wêreld rondom hom gaan stil staan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende wêreld.

Vandag ’n paar jaar later, skud ek my beursie uit. Ek sit ʼn 1c neer vir my vriendin met borskanker, nog ʼn 1c vir huwelike wat sukkel, ’n 1c vir iemand na aan my hart se werksomstandighede, vir enkel ouers en weduwees, en ek besef die mossie boodskap is dalk net een versie in ’n dik Bybel, maar ’n Almagtige, liefdevolle God staan agter dit!

Here, dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons omstandighede te verander. Gister terwyl ek vir my kliente sit en wag en ek dieselfde boodskap vir my vrou gestuur het, het 3 mossies op my voertuig se voorste “bushbar” kom sit en het ek dadelik geweet ons Koning praat met my om my gerus te stel. Daar is niemand soos Hy nie en Hy sal altyd na ons kyk en ons versorg. Hy’s net ‘n gebed ver. Geseënde “mossie” dag vir jou.

Mag God Homself ook vandag op ‘n besonderse manier aan jou openbaar :0)

2

Die stem van Suid-Afrika – C.J. Langenhoven

Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons éwige gebergtes waar die kranse antwoord gee,
Deur ons vér verlate vlaktes met die kreun van ossewa –
Ruis die stem van ons geliefdes, van ons lank Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe – ons vir jou, Suid-Afrika.
In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede, in ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf –
Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.
Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou, as Afrikaners – kinders van Suid-Afrika.
In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
In die lengte van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
By die klink van huw’liksklokkies, by die kluitklap op die kis –
Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep seg ons nooit nee nie, seg ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe – ja ons kom, Suid-Afrika.
Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou –
Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

0

SAA MUSEUM (Vliegtuie)

Uitstappies is altyd avontuurlik en natuurlik n besonderse en unieke wyse om bietjie meer leerlus in oud en jonk te prikkel oor ons moederland se geskiedenis.

Het jy al ooit n Boeing 747 van nader bekyk? Of dalk net die gevoel wil beleef om binne die reus te staan?

image

Boeing 747

Wel, dis nou die ideale geleentheid om bietjie te gaan inloer by die SAA Museum (S.A Air Museum) in Germiston.

image

Soveel om te leer slegs in n kort tydjie. Die toergids het ons sommer flinks rond gewys en vinnig ons kennis meer verrykend gemaak met al sy informasie.

Boeing 747 Feite

* Die Boeing 747 is in 1971 deur die Suid-Afrikaanse lugdiens in gebruik geneem.
* Vlerkspan van 60m
* Lengte van 70m
* Hoogte van 19m
* Vliegtuig kan teen 960 km/h of meer vlieg.
* Vervoer 350 passasiers
* Het plek vir meer as (1699m3) vrag.
* Word aangedryf deur 4 Pratt en Whitney JT9D-7W enjins met n stukrag van 209000 N.
* Bruto Massa van vliegtuig is 351352 kg.

image

1ste Klas

image

Na ons behoorlik als uit gekyk het binne die Boeing 747 is ons na buite die vliegtuig waar ook heelwat ander vliegtuie staan met benoemde name soos:
> Phoebus Apollo
> De Vliegende Hollander
> Katberg

image

Pragtige foto’s geneem vir herinneringe, en so na die binne “huis” museum beweeg. Binne die museum was daar n paar ou stukke artikels van uit die (Rand Daily Mail 1973) oor die S.A lughawe gebeurtenis. n Paar vlieg modelle en ook die ou lugwaardin univorm.

image

Sodoende het ons ook meer bekend geword met die treurspel ‘Te nagedagte aan vlug 295, gevlieg deur n Boeing 747 naamlik Helderberg. n Kommersiele vlug wat in n katastrofies tragedie geindig het na n binne vlug vuur in die vrag area ontstaan het. Die vliegtuig het neer gestort in die Indiese oseaan oos van Maurituis op 28 November 1987 en alle passasiers en personeel aan boord se lewens geeis.

image

image

Deur uit die wrak

So het ons tot die einde van ons uitstappie gekom met soveel nuwe intressante feite oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens.

2

Herwin uit Besoedeling

Welkom terug by die Pienk Muis

Ek het in 2013 geskryf oor die verskriklike besoedeling in Morsjorse (Deel1 & Deel2). En oor wat ons omtrent die situasie gaan doen?

2014 het aan gebreuk en met een persoon kan daar n groot inpak gemaak word op n groener ekosisteem deur voorbeelding te wys.

image

Ek het so bietjie gaan opvolg by die plekke waar die rommel so wild verstrooi was. Fantastiese nuus! n Swartman het so bietjie op geruim en die besoedelde terrein in sy nuwe werks tuiste omskep. Uit die hout het hy die pragtigste tafels, tuin banke en blom rakke herwin. Daar was n hele ou paar verslete rubber skoene wat omskep is in die oulikste blom rangskikking houers en daar is selfs ook n paar wilde plantjies en gras geplant om die rommel terrein n mooier uitsig te gee. Is dit nie net uitstekende werks omskepping?

Beklemtoon! “Skone Groen”…

n Groot dankie aan die swartman wat nie net sy tyd bestee om n geldjie te verdien in ons tyd van NOOD maar ook om n verskil te maak aan n mooier, skone en groener ekosisteem! Kom ons wees voorbeeldig en help om ons rondle strooi in ietsie eksentrieks te omskep. (*om in ietsie ander as die gewone te omskep).

1

Roy James Internet World

Dis vroeg saturdag oggend, en die Pienk Muis het besluit om weer bietjie die area’s te gaan verken. Naby die Germiston Lake is die Apple Byte Roadhouse met klomp klein winkeltjies. Sy besluit toe vir n vinnige pitstop. Met haar groot oe en skerp neusie tref die geure van vars gebraaide worsbroodjies haar, en soos gewoonlik is kos haar voorland.
Nader gestap na die tafeltjie met die lekker worsbroodjies voor die Roy James Internet World kom al die vrolike gesigte nader wat sommer dadelik baie vrolikheid en warmte uitstraal, sy voel reeds tuis. So begin sy en die stralende gesigte aan die brand gesels met n vuurige spoed, ai tog te lekker. So tussen deur die lekker geselsie, kyk sy so bietjie na die pragtige uitrustings wat in die mandjie le en op die reeling hang, als vir n appel en n ei! So beweeg sy na binne in die winkeltjie, definitief perfek toegerus vir skool leerlinge om al hul skool projekte en navorsing op die net te “surf”. Selfs ietsie om te drink en te ete, so bietjie skryfbehoeftes vir die wat nie voorsiening gemaak het. Na die agterste kamer beweeg, waar jy so bietjie kan balle rond skiet op die pool tafel en net jouself wees. Wat n heerlike en ontspanne tydjie saam die gesiggies van die Roy James Internet World. Die Pienk Muis sal beslis weer n draaitjie by Roy James maak!

image

image

image