0

SAA MUSEUM (Vliegtuie)

Uitstappies is altyd avontuurlik en natuurlik n besonderse en unieke wyse om bietjie meer leerlus in oud en jonk te prikkel oor ons moederland se geskiedenis.

Het jy al ooit n Boeing 747 van nader bekyk? Of dalk net die gevoel wil beleef om binne die reus te staan?

image

Boeing 747

Wel, dis nou die ideale geleentheid om bietjie te gaan inloer by die SAA Museum (S.A Air Museum) in Germiston.

image

Soveel om te leer slegs in n kort tydjie. Die toergids het ons sommer flinks rond gewys en vinnig ons kennis meer verrykend gemaak met al sy informasie.

Boeing 747 Feite

* Die Boeing 747 is in 1971 deur die Suid-Afrikaanse lugdiens in gebruik geneem.
* Vlerkspan van 60m
* Lengte van 70m
* Hoogte van 19m
* Vliegtuig kan teen 960 km/h of meer vlieg.
* Vervoer 350 passasiers
* Het plek vir meer as (1699m3) vrag.
* Word aangedryf deur 4 Pratt en Whitney JT9D-7W enjins met n stukrag van 209000 N.
* Bruto Massa van vliegtuig is 351352 kg.

image

1ste Klas

image

Na ons behoorlik als uit gekyk het binne die Boeing 747 is ons na buite die vliegtuig waar ook heelwat ander vliegtuie staan met benoemde name soos:
> Phoebus Apollo
> De Vliegende Hollander
> Katberg

image

Pragtige foto’s geneem vir herinneringe, en so na die binne “huis” museum beweeg. Binne die museum was daar n paar ou stukke artikels van uit die (Rand Daily Mail 1973) oor die S.A lughawe gebeurtenis. n Paar vlieg modelle en ook die ou lugwaardin univorm.

image

Sodoende het ons ook meer bekend geword met die treurspel ‘Te nagedagte aan vlug 295, gevlieg deur n Boeing 747 naamlik Helderberg. n Kommersiele vlug wat in n katastrofies tragedie geindig het na n binne vlug vuur in die vrag area ontstaan het. Die vliegtuig het neer gestort in die Indiese oseaan oos van Maurituis op 28 November 1987 en alle passasiers en personeel aan boord se lewens geeis.

image

image

Deur uit die wrak

So het ons tot die einde van ons uitstappie gekom met soveel nuwe intressante feite oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens.